Laurence Olivier

Laurence Olivier
Laurence Olivier omstreeks 1961.
Laurence Olivier omstreeks 1961.

Geboortenaam Laurence Kerr Olivier
Geboorte (1907-05-22)22 Mei 1907
Dorking, Surrey, Engeland
Sterfte 11 Julie 1989 (op 82)
Ashurst, West Sussex, Engeland
Nasionaliteit Brits
Beroep(e) Akteur, regisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer
Aktiewe jare 1926–'88
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Laurence Kerr Olivier, baron Olivier (22 Mei 190711 Julie 1989) was ’n Britse akteur, regisseur en vervaardiger. Hy word algemeen beskou as een van die grootste akteurs van die 20ste eeu.[1]

Tydens sy loopbaan van ses dekades het Olivier baie rolle op die verhoog en die silwerdoek vertolk. Sy drie Shakespeare-rolprente as akteur-regisseur, Henry V (1944), Hamlet (1948) en Richard III (1955) word as ’n hoogtepunt in die rolprentwese beskou. Sy meer as 120 rolle op die verhoog sluit in Richard III, Macbeth, Romeo, Hamlet en Archie Rice in The Entertainer. Hy het in byna 60 rolprente verskyn, onder meer Wuthering Heights (1939) en Alfred Hitchcock se Rebecca (1940).

Olivier het in 1974 as verhoogakteur uitgetree, maar sy rolprentwerk het voortgeduur tot die jaar voor sy dood in 1989.[2] TV-produksies waarin hy opgetree het, sluit in Long Day's Journey into Night (1973), The Merchant of Venice (1973), Cat on a Hot Tin Roof (1976), Brideshead Revisited (1981) en King Lear (1983). Sy latere rolprentrolle sluit in Joseph L. Mankiewicz se Sleuth (1972) en John Schlesinger se Marathon Man (1976).

Olivier het altesaam 12 Oscar-benoemings gekry en het twee daarvan gewen, vir beste akteur en beste prent vir die 1948-rolprent Hamlet, asook twee erepryse. Hy het ook vyf Emmys gewen van die nege keer dat hy benoem is, en drie Golden Globes en BAFTA's.

Hy was in 1947 die jongste akteur wat tot ridder geslaan is en twee dekades later die eerste wat tot die adelstand verhef is, as baron.[3] (Sien Titels.) Hy was drie keer getroud, met die aktrises Jill Esmond, Vivien Leigh en Joan Plowright.

  1. Brunskill, Ian (red.) (2007) Great Lives: A Century in Obituaries, Times Books, p. 435.
  2. Coleman, Terry (2005). Olivier. New York: Henry Holt and Co. ISBN 0-8050-7536-4.
  3. "Picks and Pans: Pages; Midnight Sweets" (in Engels). People Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 25 April 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search